• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Skooldrag

 SKOOLDRAG VERSKAFFERS
Constantia Uitrusters (Menlopark)
Klerebank - Woensdag oggende: 07:30 — 08:30
Tweedehandse klere is op vasgestelde tye by die skoolklerebank te koop.
Gebruikte skoolklere kan aan die klerebank geskenk word.


KLEREDRAG (algemeen)
Ouers word versoek om alle skool– en sportdrag duidelik te merk.

SOMERSDRAG: SEUNS
Vaalgrys kortbroek
Blou kortmouhemp (kleur nr 418)
Lang grys skoolkouse en swart skoene (kaalvoet word aangemoedig)
Koue dae: Swart skooltrui of sweetpakbaadjie.
 

SOMERSDRAG: DOGTERS
Hemelblou rokkie met wit kragie in skoolkleure
Kort wit kouse met swart skoene (kaalvoet word aangemoedig)
Wit of hemelblou haarlinte of haarrekkies.
Koue dae: Swart skooltrui, of sweetpakbaadjie.


WINTERSDRAG: SEUNS
Die leerlinge het ‘n keuse tussen informeel en formeel.
Informele drag: Skoolsweetpak
                           Osie-sporthemp
                           Swart of wit Osie-lyfkous (body warmer)
                           Skoene: Swart tekkies, swart veters en swart kouse.
                           Wit tekkies, wit veters en wit kouse.
WINTERSDRAG: SEUNS
Formele drag: Blou langmou skoolhemp met skooldas
                        Lang grys broek
                        Grys kouse en swart skoolskoene
                       Skooltrui (V-nek met skoolkleure) of skooloortrektrui 
                       Formele skoolbaadjie (opsioneel)
                       Skoene: Swart skoolskoene met grys kouse

WINTERSDRAG: DOGTERS
Informele drag: Skoolsweetpak
                           Osie Sporthemp
                           Swart of wit Osie-lyfkous (body warmer)
                           Skoene: Swart tekkies, swart veters met swart kouse.
                           Wit tekkies, wit veters en wit kouse.


WINTERSDRAG: DOGTERS
Formele drag: ‘n Geplooide grys langbroek of grys skoolromp .
                         Blou langmou skoolhemp met skooldas
                         Skooltrui (V-nek met skoolkleure) of skooloortrektrui 
                         Formele skoolbaadjie (opsioneel)
                         Skoene: Swart skoolskoene met swart broekiekouse


VERJAARSDAGDRAG:
Netjiese gewone drag word toegelaat op die dag waarop ‘n kind verjaar.
Wanneer die kind oor ‘n naweek verjaar, dan die Maandag of Vrydag
naaste aan die kind se verjaarsdag.

       LIGGAAMSOPVOEDING:
       Seuns: ‘n Swart Osie- kortbroek en ‘n Osie-sporthemp.
       Dogters: ‘n Swart Osie- kortbroek of broekrompie (skort) met ‘n
                      Osie-sporthemp.
       Skoene:  Swart tekkies met swart veters en swart kouse.
                      Wit tekkies met wit veters en wit kouse.

TOERDRAG
Sportdrag word gedra tydens toere.
Klere wat deur borge geskenk word, is nie deel van skooldrag nie en
word slegs by sportdae gedra.
 

SWEM:
‘n Swart “Speedo” swembroek
Oranje Osie-swempet
Swart Osie-kortbroek en Osie-sporthemp
Verkieslik ‘n swart en oranje handdoek


RUGBY:
Truie word voorsien deur die skool.
Swart rugbybroek


ATLETIEK:
Moulose Osie-sportfrokkie.
Seuns: Swart Osie-sportbroek
Dogters: Swart sportbroek of skort (broekrompie)


TENNIS:
Osie-sporthemp (swart en wit)
Swart Osiebroek
Wit of Osie-tenniskouse en tennisskoene. Beskikbaar by verskaffers
Osiepet (opsioneel)


KRIEKET:
Osie-sporthemp (swart en wit)
Lang wit broek.
Wit of Osie-kouse met wit tekkies.
Osiepet of kriekethoed
Dag- / aanddrag vir eerstespan


NETBAL:
o/7 mini-netbal
Wit Osiesporthemp (swart en wit)
Swart Osie-sportbroek of skort .
Osie sportkouse en tekkies

o/8 - o/12 en o/13B
Moulose en veeldoelige oranje/swart/wit Osie-sporthemp.
Swart Osie-sportbroekrompie (skort).
Osie-sportkouse – verkrygbaar by die verskaffers
Tekkies. (Verkieslik wit of swart)
o/13A
Netbalrokke soos deur die skool voorsien.
Osie-Sportkouse en tekkies.


SAGTEBAL:
Alle spanne speel met ontwerpte sagtebalhemde (deur skool verskaf).
Swart Sagtebalbroeke word ook deur die skool voorsien.
Lang Osiekouse en tekkies. Beskikbaar by die verskaffers
Osiepet.


HOKKIE:
Moulose Osie-sporthemp
Swart Osie-sportbroekromp (skort)
Lang Osie-sportkouse. Beskikbaar by die verskaffers
Tekkies


UITSTAPPIEDRAG
Die drag is winter– of somerdrag afhangende van die seisoen.
KOORDRAG:
Soos voorsien deur die skool 


  •   skooldrag 01skooldrag 02
                    DSCF0014 WS
 
 
skooldrag 08skooldrag 07 
skooldrag 11skooldrag 10 
 
skooldrag 09
 
 DSCN0384 WS 2skooldrag 03
skooldrag 05skooldrag 04
skooldrag 06
skooldrag 12    skooldrag 13