• VTEM Image Show

Voortrekkers

As jy hou van kuier met jou maats, van kampe en kampvure,
om te leer terwyl jy speel en om hope pret en avontuur te hê,
dan is Voortrekkers die plek vir jou !

 

Voortrekkers

Christiaan de Wet Voortrekkers kom elke Woensdag 16:15
by die skool bymkeaar. 
Alle Osies van Gr.R tot Gr.7 is baie welkom - hoe meer siele hoe meer vreugde.
Voortekkers word nie amptelik deur die skool georganiseer nie, maar
wel deur ywerige Osie-ouers met die hulp en kennis van 'n organisasie
vir moderne Afrikanerkinders wat reeds meer as 85 jaar lank bestaan.
Die ouers is vrywilligers, jonk van gees wat dit geniet om met kinders te werk
en as begeleiers optree.
Hier leer kinders in ouderdomsverband van noodhulp, kosmaak, verkeersreëls,
perdry, fietsry, sterre, plante, spoorsny, diere en nog baie meer.
Terselfdertyd vestig ons gesonde waardes, ontwikkel ons leiers en kweek
ons selfvertroue deur dienslewering, avontuur en aanleer van nuwe vaardigehede.
Deur middel van avontuur en ontspanning kom kinders in aanraking met die natuur
en ons Skepper.
Gaan kyk gerus by www.voortrekkers.co.za
Vir meer inligting - kontak Lindi Erasmus 081 039 0699
                                          Hilda van der Merwe  082 491 1199