• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
Die volgende sportsoorte word by die skool georganiseer,
gefinansier en aangebied:
    • Atletiek
    • Tennis
    • Krieket (ook Minikrieket vir Gr R tot Gr 2)
    • Landloop
    • Rugby (ook Bulletjierugby vir Gr 1 en Gr 2)
    • Sagtebal (vir dogters O/11 tot O/13)
    • Skaak,
    • Hokkie
    • Swem
    • Netbal (Gr R: Madeliefienetbal, Gr 1 - 3 Mini Netbal)
    • Ballet
    • Karate (S A Karate Akademie) en
    • Selfs gholf word ook op die perseel aangebied,
      maar word deur buitepersone georganiseer.
 
Laerskool Pretoria-Oos se beleid ten opsigte van sport is een van
aanmoediging tot maksimum deelname en het ten doel om ‘n
liefde vir sport by die leerder te kweek. 
Ons streef daarna om potensiaal te identifiseer en dit te ontwikkel.
Die relatief klein leerdertal van die skool bied dan ook soveel meer
geleenthede vir elke kind tot deelname. 
Ons kan met reg sê dat Laerskool Pretoria Oos se persentasie
deelname van die hoogste is. 
Alhoewel ons ‘n klein skooltjie is, is ons baie kompeterend en ook
‘n krag om mee rekening te hou selfs teen die heel grootste skole.
Ons skoolterrein is ingerig om die bg. sportsoorte te akkomodeer:
    • ‘n atletiekbaan.
    • 2 x gewigstootsirkels
    • 2 x uitstekende geriewe vir verspring (astromat aanloopvlak e
      'n netjiese afgeronde sandputte met die regte tipe sand)
    • 4 x spreiligte (vir aandatletiek, rugby en funksies)
    • ‘n rugbyveld
    • ‘n krieketveld en 2x nuwe krieketnette
    • ‘n 4 m x 4 m marmer skaakbord en glasvesel skaakstukke
    • 4 x tennisbane (oorgedoen in 2011)
    • 6 x netbalbane
    • ‘n 14 m x 25 m swembad met pawiljoen
    • asook ‘n onderdakpawiljoen langs die atletiekbaan/rugbyveld.
Voldoende en goeie kwaliteit apparaat is ook vir alle
sportsoorte tot beskikking van die leerders.