• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Atletiek

01 ATL W02 ATL W

Klem word gelê op massadeelname.
Die skool se beleid ten opsigte van atletiekdeelname op laerskoolvlak
is hoofsaaklik een van bekendstelling, deelname en genot en het ten
doel om ‘n liefde vir atletiek te kweek.
03 ATL W04 ATL W
Ons huldig die mening dat waar atlete op hierdie ouderdomsvlak oorontgin word
en te veel gedruk word ter wille van prestasie, hulle later belangstelling
in atletiek verloor.
05 ATL W10 ATL W
Alle leerders word aangemoedig om elke jaar aan die interhuisbyeenkoms deel te
neem waar die skoolspan gekies word wat verder deelneem aan drie
vriendskaplike byeenkomste asook ‘n wyksbyeenkoms.
07 ATL W08 ATL W06 ATL W
Atletiek word in die 1ste en 4de kwartaal beoefen.
11 ATL W12 ATL W15 ATL W
In die 4e kwartaal beoog ons om ‘n MASSA-ATLETIEK byeenkoms vir alle
leerders vanaf graad 1-6 te hou.
Hulle word blootgestel aan items soos hoogspring, verspring,
hekkies, gewigstoot en 80m.
13 ATL W14 ATL W
Die items by O/7-O/9 is basies naellope (60m en 80m) en
vanaf O/10 word atlete blootgestel aan ander items soos die
middelafstand (1200m), hekkies (70m), 150m, 200m,
hoogspring, verspring, gewigstoot, naellope, diskus en spiesgooi.
O/9 Atlete kan ook aan 600m deelneem.
19 ATL W20 ATL W
Vir die 0/12 en O/13 ouderdomsgroep is daar bykomende
items naamlik: 800m, 1500m, diskus en spiesgooi.
Afrigting word hoofsaaklik behartig deur die personeel,
aangevul deur kundiges en/of belangstellende ouers.
21 ATL W    17 ATL W
Ons maak ook by geleentheid gebruik van professionele
atlete en afrigters by spesifieke geleenthede om die outjies op
die fyner punte van die onderskeie items te wys. 
Tydens die wyksbyeenkoms kwalifiseer atlete om vir die
Distrik en daarna die Provinsiale span gekies te word.
Laerskool Pretoria Oos het ook die afgelope paar jaar
uitsonderlik goed gevaar met 'n paar atlete wat provinsiale kleure verwerf het.