• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Netbal

 01 NET W02 NET W
Dogters van Gr. RR en R kry geleentheid om deur die loop
van die jaar betrokke te raak by "Netball Passion".
Dis 'n weeklikse netbalkliniek wat speelsters  
die basiese vaardighede van die spel leer.
03   NET W04 NET W
 
 05 net  W06 NET W
MINI-NETBAL: Dogters vanaf O/7 tot O/9 speel Mini-netbal.
Hier leer hulle die basiese vaardighede aan en gebruik dit dan in
vriendskaplike wedstryde.
07 NET W
Hulle roteer en kry kans om in elke posisie te speel.
Die dogters vanaf 0/8 en 0/9 neem deel aan mini-NETBAL feestoernooie.
Ons is ook bevoorreg om 'n netbalkonsultant van "Netball Passion"
wat afrigters bystaan tydens oefentye, in diens te hê.
 08 NET W09 NET W
SENIOR-NETBAL: Ligawedstryde vind gedurende die tweede kwartaal plaas.
Alle dogters o/10  - 0/13  speel en neem deel aan ligawedstryde.
Elke ouderdomsgroep het twee bekwame afrigters.
Daar is ook 'n geleentheid om op Maandae aan 'n netbal-Kliniek deel te neem,
wat aangebied word deur Dawnita Benadie van "Netball Passion".
Die kliniek is vrywillg.  Daar is wel addisionele kostes aan verbonde.
Die skool bied ook 'n geleentheid  aan vir ontwikkeling, in die vorm van 'n netbalkamp.
Jaarliks word ongeveer 64 dogters vanaf 0/10 - 0/13 gekies om die kamp by te woon. 
10 NET W12 NET W
Die jaarlikse kamp is by Raloka Ranch, buite Brits  waar ons onder die
bekwame leiding van Elize Kotzé, vorige Protea-afrigter, oefen en leer.
By die kamp leer ons ook sommer ‘n spul lewensvaardighede by,
saam die netbal !
 11 NET W
Jaarliks vaar ons netbalspanne baie goed en ons is trots om te sê dat ons
op ontwikkeling en deelname fokus.
Dit skep die geleentheid dat elke dogter wat betrokke wil raak by Osie-Netbal
die geleentheid het om dit wel te kan doen.
Ons nooi elke Osie uit om deel te word van Osie-netbal.