• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Rugby

01 rug w 02 rug w
BULLETJIERUGBY Alle Gr R, Gr 1 en Gr 2 seuns kry die
geleentheid om aan Bulletjierugby deel te neem.
Dit is hul bekendstelling aan die spel met net ‘n paar basiese reëls.
Bulletjierugby word deur die ouers georganiseer en afgerig.
03 rug w04 rug w
Oefentye is gewoonlik na 17:00 in die middag of soos deur die ouers bepaal.
Die seisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en strek oor
die volle tweede kwartaal.
05 rug w06  rug w
Die hoogtepunt is die jaarlikse Bulletjiedag op Loftus Versveld.
Die Gr R en Gr 1 seuns speel “rip” rugby, m.a.w geen kontak nie,
 sodat die basiese vaardighede vasgelê word.
Die Gr 2’s speel “rip” rugby vir die eerste deel van die seisoen voordat
hulle begin om kontak rugby te speel.
07 rug w
LIGA SPANNE O/9, O/10, O/11, O/13B en O/13A
 Hierdie spanne neem deel in ligawedstryde asook verskeie
vriendskaplike rugbydae, ens.
10 rug w
Die O/11 en O/13A rugbyspanne toer jaarliks na Volksrust vir ‘n
onvergeetlike rugbyweek.
12 rug w  11 rug w
Pretoria-Oos lewer dikwels verrassings en is altyd ‘n krag om
mee rekening te hou deur van die groter skole te klop.
Afrigting deur onderwysers en ouers en word aangevul deur
gekwalifiseerde studente.
09 rug w
Ons spanne wen baie gereeld hulle onderskeie ligas en
ons presteer ook goed in Bondedae.
Osies lewer ook gereeld Blou Bul spelers op.
08 rug w