• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Sagtebal

SAGTEBAL IS EEN VAN ONS SPOG PRESTASIE SPORTE!!
Sagtebal word by Laerskool Pretoria-Oos slegs deur dogters in
die derde kwartaal gespeel.
01 sagt w03 sag w
Afrigters, skeidsregters en tellinghouers woon gereeld kursusse
by en ons afrigting is dus van puik gehalte.

Verskeie speelsters het al Gauteng en ook USSASA kleure vir sagtebal verwerf.
Twee Oud-Osie speelsters presteer steeds in Gauteng en is ook
afrigters en skeidsregters van formaat by ons skool.
02 sag w04 sag w
Dogters vanaf graad 3 kan kwalifiseer vir ‘n span.
Gewoonlik word 4 spanne: O/10, 0/11, 0/12  en 0/13  vir die liga ingeskryf.
06 sag w
Die dogters het die afgelope paar jaar reeds goed presteer in strawwe
kompetisies teen groot skole.
Ons spanne het verskeie kere al as ligawenners uit die stryd getree.