• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Skaak

09 sk w
Om ons gereed te maak vir die jaar se skaak, nooi ons alle
Gr 3-7’s uit om Maandae en Woensdae van 13:30 tot 14:30
vir afrigting.
02 sk w
Dit is ‘n bekende feit dat deelname aan skaak leerders se
konsentrasievermoë en logiese denke verbeter en ‘n goeie basis vir
wiskunde is.
06 sk w
Daar word dus vir die Grondslagfase (Gr.1-2) op Maandae
afrigting gegee deur 2 Noord Gauteng afrigters.
08 sk w
As ‘n klein skool met relatief min leerders skryf ons jaarliks
tussen 2 en 3 spanne vir die liga in, want daar is sowat
20-30 aktiewe skaakspelers wat heelwat meer is as by baie groter skole.
01 sk w
Ons spanne vaar uitstekend en doen die afgelope paar jaar
goed in hul onderskeie ligas teen bekende skole in die omgewing
en ook skole wat ‘n heelwat groter leerdertal het.
04 sk wOns skool bied jaarliks ‘n
interne Laerskole Toernooi aan waar
skole regoor Gauteng genooi word.
Daar neem ongeveer 150 spelers
deel en hope groot pryse kan gewen word.
Die toernooi word op Noord-Gauteng
se webwerf geadverteer en word
geakrediteer deur die Unie.