• VTEM Image Show
  • VTEM Image Show
  • VTEM Image Show

Tennis

01 ten w02 ten w
Tennis is een van Laerskool Pretoria-Oos se spesialis sportsoorte
en die prestasies
van die afgelope 10 jaar asook die groot aantal leerders wat
hieraan deelneem, is bewys van die standaard van ons skool se tennis.
03 ten w15 ten w
Ligawedstryde word in die eerste en derde kwartaal gespeel en
spelers verbeter hul posisie op die tennisleer deur deurentyd
daag-wedstryde te speel.
04 ten w
Hier word spanningsvolle wedstrydervaring opgedoen en so tussen
trane van teleurstelling of blydskap, vind gesonde
kompetisie dwarsdeur  die jaar tussen tennisspelers plaas.
05 ten w06 ten w
Ons A-span neem jaarliks aan die Sun City, Betlehem en
St Bennedicts toernooie deel.
Ons was al wenners van die bogenoemde toernooie.
Die O/11 spelers toer ook Betlehem toe. Elke liga-kwartaal word
tussen 13 en 15 spanne (Oop- en onder 11) ingeskryf, sodat
soveel as moontlik spelers die geleentheid kry om wedstryde te speel.
07 ten w08 ten w
Gedurende liga-kwartale kry ligaspelers professionele afrigting by
mnr Dawid Naude om tegniek en spelpatrone vir die dubbelspel
in te oefen.
Tydens die nie-liga kwartale gaan professionele afrigting steeds voort
vir Gr R -Gr 3 spelers.
Hierdie professionele afrigting vind dus dwarsdeur die jaar
plaas en word ten volle deur die skool geborg!
13 ten w
Die Pretoria-Oos geslote kampioenskappe
(enkels en dubbels), is ‘n hoogtepunt wat in die vierde kwartaal
plaasvind.
Die eerste 8 spelers op die tennisleer ding mee om ‘n trofee en
elke leerder kry die geleentheid om te kwalifiseer.
Ons tenniskomitee funksioneer pragtig.
09 ten w  10 ten w
Ouers is meelewend en help met verversings en vervoer
tydens wedstryde.
Ons is trots op Pretoria-Oos se tennisspelers wat meestal as
wenners uit die liga tree!
Min skole in die stad kan oor dieselfde getal aktiewe
tennisspelers spog waar normaalweg tussen 13 en 16 spanne
vir die liga ingeskryf word.
12 ten ww
Die standaard van hul spel is dan ook van so ‘n aard dat die
Osies gereeld as ligawenners uit die stryd tree,
ook teen skole met 2 tot 3 keer ons getal leerders.